News


2014-01-31
Kruie/Blomme vir jou Groentetuin


-Roosmaryn moet saam met kool,wortels en boontjies geplant word,want dit keer die wortelvlieg.

-Knoffel verdryf slakke,wortelvlieg en keer krulblaar.Knoffel is ook ‘n natuurlike swamdoder en beheer bladluise.

-Basiliekruid werk goed om vlieë weg te hou tussen murgpampoentjies,komkommers,vinkel,skorsies,groen soetrissies,pampoen en tamaties.Dit verbeter ook die gehalte van jou tamaties.

-Pietersielie maak die geur van rose meer intens wanneer dit rondom die basis geplant word.Dit werk ook goed saam met uie,aspersies en tamaties.

-Afrikaners moet sommer oral in jou tuin geplant word,want dit verdryf ‘n verskeidenheid insekte,veral rondewurms.

-Kappertjies bevorder ‘n gesonde tuin,dit hou kewers,miere,witvlieg,dopluise en bladluise weg.

-Grasuie keer poeieragtige meeldou,hou swamsiektes in toom en keer ook dat bladluise tamaties aanval.Dit keer ook swartvlek op rose.